Iets oor SAKAMPGIDS

    DIE EENSTOP INLIGTINGSBRON VIR DIE KAMPEERDER

    Nuwe webblad - 'n "work in progress" - om 'n eenstop plek te skep vir kampeerders, met inligting oor die waar, die wat en so meer oor kampplekke reg deur Suid Afrika. Inligting oor die geriewe, besienswaardighede in die omgewing van die kampplek, hospitale, en nog meer.

    * Die soek opsies:

    Soek d.m.v. Google Maps - loop met die vinger deur die land op die roete wat jy wil volg en sien die merkers van die kampe, besienswaardige plekke ens. soos jy deur die land loop. Klik op die merker en kry die inligting or die plek. 'n Tweede soek opsie is om te klik op "Kaart", "Besienswaardighede" of "Koop en Herstel" vir 'n direkte weg na die inligting waar sekere inligting reeds bekend is.

    * Lokalisering

    Indeling per provinsie en dorp met die opsie om 'n radius te bepaal rondom die dorp wat ingesluit moet word in die soek - 50 km, 100 km, ens.

    * Tipe

    Kampe word ingedeel volgens die tipe kamp - See, berge, algemeen, damme en riviere, ens om die beste antwoord te kry op die soek. Soek vir jou spesifieke tipe kamp. Ook is daar plek vir besighede in die kamp en verwante bedrywe om te adverteer - ook dienste vir die kampeerders soos diepsee hengel ens.

    * Adverteer

    Elke adverteerder kry 'n merker op die Google kaart, word gelys volgens sy tipe oord of besigheid en kry 'n een bladsy inligtingsblad op die koop toe. Sien onder vir kontak inligting. Die webblad sal ook Google se vertalingsopsie na Engels hê.

    * Spesiale aanbiedings

    Adverteerders het ook die geleentheid om spesiale aanbiedings soos korting vir sekere datums, ens. te adverteer.

    * Kalender:

    Klubs kan van die kalender gebruik maak om samekomste te adverteer.

    * Blog en terugvoer:

    Ons nooi alle kampeerders om hulle terugvoer te gee oor kampoorde en staanplekke. Die blog is geskep om geleentheid te gee om oor spesifieke punte van belang saam te gesels. Hierdie is nie 'n "Facebook" bespreking nie maar handel oor spesifieke sake soos "Raad vir nuwe kampeerders" "Raad oor die koop van 'n karavaan" ens.

     Die idee vir die webblad het ontstaan in middel van 2020. Die behoefte aan 'n enkel-bron inligtingsverskaffer het duidelik geblyk uit die navrae en vrae van mede-kampeerders op sosiale media asook in die daaglikse omgang met ander kampeerders.

    Daar is 1400+ oorde en staanplekke in 'n wye verskeidenheid van kategorieë reg deur Suid Afrika en tog verskyn die vrae aanhoudend op die sosiale media platforms: "Weet iemand van staanplek by ...?", "Weet iemand van staan plek waar ek ...?" of "Ek is van plan om te reis van ... na ..., weet iemand van staanplekke op die roete?, ens.

    Ander vrae wat telkens gevra word is "Wat is daar te doen by ...?", "Wat is daar te sien by ...?", "Hoe lyk dit by.....", ens.

    Ons wil hierdie webblad so omvattend as moontlik maak en sal enige en alle insette van mede-kampeerders opreg waardeer.

    Ook wil ons die webblad onder die aandag van alle oorde, plase, en besighede in die kamperingsbedryf bring. U hulp hierin, deur dit onder die bestuur se aandag te bring en/of vir ons die eposadresse te stuur waar moontlik (Sien kontak inligting onder), sal ook opreg waardeer word. U samewerking sal help om hierdie 'n een-stop inligtingsbron vir alle kampeerders en oor kampering te maak. Baie dankie by voorbaat.

     

     

    Tags:
    © SA Kampgids

    Please publish modules in offcanvas position.